


KERRIEPERSKESLAAI
1 blik (825 g) taaipitperskes, gedreineer
1 blik (250 g) appelringe of 2 appels, ontkern en in skywe gesny (opsioneel)
2 uie, gekap
5 ml (1 teelepel) gemengde speserye
2 heel naeltjies
5 ml borrie
5 ml kerrieppoeier
3 ml (‘n knippie) sout
3 ml fyn koljander
1 ml (‘n tikkie) rooipeper
250 ml (1 koppie) suiker
125 ml (1/2 koppie) witasyn
30 ml (2 eetlepels) mielieblom (Maizena)
Meng al die bestanddele behalwe mielieblom in ‘n kastrol. Bring mengsel tot kookpunt en laat 15 minute prut. Maak ‘n gladde pasta van mielieblom en ‘n bietjie water en roer sous in om te verdik. Laat slaai afkoel voor opdiening.
Variasies:
Gebruik 500 g vars perskes, ontpit en gehalveer, of 500 g droe perskes, geweek in 250 ml lemoensap, in plaas van geblikte perskes.
Wenk:
Hierdie slaai kan gebottel en gebêre word.
Resep en foto: Maria Kolesky







geskuif