

KAAS BURGER EN SPEK PASTEITJIES
Ek maak altyd n hoender pastei, iets nuuts probeer weer, en nogal n sukses uitgekom. Ek deel graag weer met julle.
Resep maak 8 pies.
600 g maalvleis
2 pakkies repies spek
Net ‘n halwe gekerfde uie, teveel maak jou maalvleis meer krummel
kaas, in reppies gesny, gerasper maak dit moeiliker om pastei toe te maak
1 pak silferkorsdeeg, of as self gemaak genoeg vir 16 ronde pie groote
Speserye na jou smaak en sout en peper (pasop vir teveel sout, spek het klaar sy eie sout)
1 -2 eiers, afhangende van die grote
1 pakkie kaas krulle of flings
sweet chilli sous, so eetlepel per pastei
Rol jou deeg en druk so 10 cm deersnee sirkels uit.
Meng jou maalvleis speserye, eiers, kaas krulle en uie alles saam en meng goed, verdeel jou maalvleis mengel op 8 deeg stukkies en druk bietjie plat, sit ‘n lagie kaas repe en ‘n eetlepel sweet chilli sous, dan jou spek, so 2 repe op elk, bedek met die ander deeg en rol die onderste een na bo en seël aan die kante. Smeer met geklitste eiergeel bo-op. Pak op bakplaat en bak op so ± 150 °C totat dit goed bruin is, dit moet stadig bak om alles 100% gaar te kry. Bak ongeveer ‘n uur.
Foto en Resep: Dominique Oosthuizen






