

RAAD VIR KOEKVERSIERING MET RUSSIAN TIPS
Vir die wat sukkel met russian tips, dit vat oefening.
Maak eers ‘n gewone botter versiersel aan wat jy as ‘n dun lagie op die koek of cupcakes sit. Die icing moet iets he om aan vas te klou. As jy kolwyntjies maak moenie die botter versiersel een slag op almal sit nie. As dit “droog” word gaan jou blommetjies nie klou nie.
Versiersel vir die russian tips:
190 g botter
6 koppies versiersuiker
6 eetlepels sap (enige helder vrugte sap bv Appel)
gel food coloring van jou keuse
Meng, of deel volgens die kleure wat jy dit wil gebruik. Moenie dit laat oop staan nie, dan droog dit uit en jy kan dit nie gebruik.
Sommige tips vereis ‘n stywer mengsel en ander tips ‘n sagter mengsel vir die regte effek. Maar jy moet oefen, want sommiges moet jy die punt bietjie afdruk en stadig oplig, ander lig jy vinniger. Hoop dit maak sin. Ek bak en versier die kolwyntjies in gewone kolwyntjie papiertjies, en as die icing “droog” is sit ek dit in daai houertjies met die punte. Dit lyk dan baie mooi.
Foto en idees deur Marlie Joubert






