

HENRIETTE SE HEERLIKE APPELKOOS KOEK/BROOD
Kook genoeg appelkose met ‘n halwe koppie suiker tot sag, sodat jy 1 kp fyn appelkose het vir die resep.
Beslag
125 g botter
375 ml suiker
3 eiers
5 ml vanieljegeursel
250 ml fyngedrukte appelkose
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1,5 ml sout
25 ml melk
Voorverhit die oond 180°C.
Klits die botter en suiker saam.
Voeg die eiers by.
Voeg geursel by.
Vou appelkoosmoes by.
Sif droe bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die appelkoosmengsel.
Skep in gesmeerde broodpan of koekpak en bak vir ongeveer 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en terwyl nog warm, smeer appelkooskonfyt bo-oor.
Resep en foto: Henriette Rossouw
Dis lip lek lekker.






