

EIERROULADE MET TUNA EN MAASKAAS
8 eiers
1 koppie melk
1/3 koppie koekmeel
1 fyn gekapte soetrissie
2 eetlepels gekapte sprietuie
1 eetlepel gekapte kruisement blare
1 bakkie gladde maaskaas (250 g)
1 blikkie tuna
sout na smaak
Meng die meel, eier en melk in ‘n mengbak en voeg dan die soetrissie, kruisement, sprietuie en sout daarby.
Plaas ‘n strook bakpapier in ‘n plat bakplaat met randjies sodat ‘n deel van die papier oor die een kort end uitsteek en spuit met spray and cook. Giet die eiermengsel oor die papier en bak vir ongeveer 20 minute op 180ºC tot die eiers gestol het. Smeer of sprinkel jou keuse van vulsel oor (ek het die maaskaas en tuna mengsel gekies). Neem dan die lang kant van die papier en rol die roulade op terwyl jy die papier terselfdertyd aftrek. Doen dit dadelik terwyl die mengsel nog warm is. Sny in skywe en bedien.
Wenk. Indien jy dit netjies kan doen, keer die klaargebakte roulade eers onderstebo uit op ‘n ander vel bakpapier sodat die onderkant bo is. Die rede is dat die groente in die vulsel bo wys as dit klaar gebak is, terwyl die onderkant net eier wys. Indien jy dit omkeer sal jou vulsel op die dowwe kant kom en die buitekant van die roulade sal mooi kleurvol vertoon.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






