

HAWERMOUT CRUNCHIES
500 ml hawermout
250 ml koekmeel
250 ml suiker
250 ml klapper
5 ml koeksoda
200 ml botter
20 ml goue stroop
Voorverhit oond 150°C .
Meng al die droë bestanddele
Smelt botter en stroop
Meng droog en nat…dit is soos krummels.
Gooi op gesmeerde bakplaat en druk vas.(ek rol myne met koekroller vas)
Bak ongeveer 40 min
Sny terwyl warm.
Resep geplaas deur Rosie Goosen Dalton
Foto: Rosie Goosen Dalton







geskuif