

OMHULSELS VIR WON TON, DIM SUM OF CHINESE ROLLETJIES
500 ml (2 koppies) koekmeel
5 ml (1 teelepel) sout
2 eiers, geklits
Ongeveer 190ml (3/4 koppie) water
Sif meel en sout in ‘n bak. Maak ‘n holte in die middel en breek eiers daarin. Meng met water tot ‘n stywe deeg. Laat 30 minute staan en rol deeg baie dun op ‘n meelbestrooide oppervlak. Sny in 20 cm-vierkante en bedek met ‘n klam lap tot gebruik word. Goeie fillodeeg wat by die meeste delikatessewinkels verkrygbaar is, is ‘n uitstekende plaasvervanger.
Geplaas deur Liezel Van der Merwe






