



GEROOKTE MOSSELS
Ek het vandag mossels gaan pluk en hulle toe gerook. Heerlik
Pluk mossels op die rotse
Was en pluk baard.
Stoom tot oop gaan.
Voer ‘n kastrol uit met foelie, sprinkel saagsels op die foelie
Plaas ‘n draad rakkie in die pot en pak vol mossels.
Sit op lae vlam gas en laat rook vir 10min.
HEERLIK
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Foto 1 – net voor rook
Foto 2 – In proses
Foto 3 – Mossels klaar gerook.






