


GEROOKTE MOSSEL SOUTTERT
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto: Tanya Smith
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het hom gemaak 😉ek het net vars mossels gebruik en ook my eie mossels gerook.
1 ui, gekap
pakkie sampioene, in skywe gesny
2 blikkies gerookte mossels
1 koppie gerasperde cheddarkaas
3 eiers
4 eetlepels botter
125 ml melk
1 teelepel mosterdpoeier
1 eetlepel koekmeel
1 teelepel aromat
swartpeper na smaak (1 T)
rooipeper na smaak (1 T)
Voorverhitte oond teen 180°C.
Braai uie in botter tot deurskynend, voeg sampioene by en braai liggies, haal af van die plaat.
Voeg die gerookte mossels by met so 2 teelepels van die mossel olie.
Voeg gerasperde kaas, rooipeper na smaak by, roer liggies saam en giet in gesmeerde oondvaste bak.
In ‘n lekker groot mengbak, klits saam die eiers, melk, mosterdpoeier, koekmeel, aromat en peper, maak seker dis goed gemeng.
Giet die melkmengsel stadig oor mosselmengsel in tertbak.
Bak 180°C vir 30 min of tot gestol en mooi bruin.
Nota: Tanya Smith – het hierdie lekker tert gemaak, maar met 1 blikkie gerookte mossels en 1 blikkie gerookte oesters.
Het die mossel souttert resep gebruik as riglyn. Het in die een tert salami, viennas en boeliebeef gebruik. In die ander een het ek artisjokke en spek gebruik. Bedien saam met n groen slaai.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen








Geskuif