

DANIELLE SE KRISMIS POEDING (KERSPOEDING)
Ek het vandag my eerste gestoomde Krismispoeding gemaak! Dit was so maklik, en praat van lekker! 🙂 Dit was regtig lekker.
1 koppie suiker
1 koppie water
½ koppie wit asyn
2 koppies koekmeel
1 koppie melk
250 gr botter
1 koppie dadels
1 eetlepel korente
1 eetlepel sultanas
1 eetlepel kersies
2 eetlepel appelkooskonfyt
2 teelepel koeksoda, gemeng met bietjie melk
1 eier
½ teelepel sout
Meng suiker, water en asyn. Skep dit in houer waarin poeding gestoom gaan word.
Maak beslag van die res van die bestanddele en skep op die vloeistof in die houer. Stoom 2h30 min.
Keer uit op ‘n plat bord en bedien met vla of room.
Ons bedien dit met die volgende brandewyn sous.
¼ koppie botter
2 eetlepels brandewyn of na smaak
2 eiers, geskei
1 koppie strooisuiker
½ koppie melk of verkieslik room
Klop botter tot romerig en voeg die suiker geleidelik by. Voeg brandewyn stadig by (na smaak, meer of minder,) Voeg geklopte eiergeel by en dan melk of room. Kook in dubbel kastrol tot so dik soos vla.
Klop eierwitte styf. Giet die sous oor die eierwitte en roer deur. Bedien met poeding.
Resep en foto: Danielle van Wyk






