

CHIFFON KOEK OF BLOMKOLWYNTJIES
Jissie hier is net lekker goed op die groep so nou post ek ook sommer fotos van my chiffon flower cupcakes wat ek so paar weke terug gemaak het. Asb gebruik strooisuiker, nie gewone suiker!
500 ml meelblom
2 ml sout
312,5 ml strooisuiker
15 ml bakpoeier
125 ml olie
5 eiers, geskei
180 ml koue water
10 ml vanilje ekstrak
2 ml kremetart
Sif meelblom, sout, suiker en bakpoeier saam. Maak ‘n holte en voeg die olie, ongeklitste eiergele, koue water en vanilje by. Klits tot glad.
Strooi kremetart oor eierwitte en klits tot stywepunt! NIE DROOG NIE!
Voeg beslag by eierwitte en vou dit in.
Dan kan jy dit verdeel in cupcake houertjies en bak vir so 20 min teen 180°C.
Of in twee laag koek panne (uitgevoer) vir 50-60 min teen 180°C.
As jy laagkoek maak sit sommer suurlemoen botter tussen die lae en dan bo-op sif so bietjie versiersuiker.
Of ek is mal oor aarbeie en room met die laag koek.
Verdeel die lae koek in lae. Dan op elke laag sit jy aarbei konfyt (koop die groot blik en as jy wil meng hom met so eet lepel suurlemoen sap). Smeer dit op elke laag.
Die room:
Helfte orley whip. Helfte vars room. Klits eers die orley whip styf, voeg die vars room by en klits dan weer styf. Die naagemaakte room stabiliseer die vars room dat dit nie weg “smelt nie)
En baie vars aarbeie in dun snytjies gesny.
So elke laag is:
Koek
Konfyt
Room
Vars aarbeie
As jy die koek maak die aand voor die tyd maak die vulsel die heerlikste stroop wat in die koek intrek.
Bere die res van die room tot wanneer jy opdien, sodat jy die koek daarin kan verdrink as jy so verkies.
Pak die boonste laag se aarbeie in ń mooi patroon.
Kolwyntjies se versiering:
https://www.foodloversrecipes.com/2017/12/raad-vir-koekversiering-met-russian-tips/
Foto en resep deur Marlie Joubert






