

ZEN SE SMUL LEKKER BROCCOLI SLAAI
Heerlikke refreshing slaai vir die somer!
1 broccoli kop
½ koppie uie
1½ pak blokkies spek
2½ tafel lepels asyn
1 koppie mayonnaise
1/3 koppie suiker
1 ½ koppie gerasperde kaas
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
Handjie vol neute (opsioneel)
Meng al die droë bestanddele saam. Braai die spek en sit by die droë bestanddele.
Meng dan in aparte beker die suiker, asyn en mayonnaise saam en giet oor die mengsel, roer lekker deur.
Dit smaak die lekkerste as jy dit eers oornag gelos het in yskas.
Resep en foto: Zendi Houghtan-Hawksley






