

GEBRAAIDE HOENDERHARTJIE-SOSATIES
500g hoenderhartjies
2 eetlepels growwe sout
3 groot knoffeltoontjies
3 eetlepels olyfolie
rooi warm rissies na smaak (of cayen peper vir ‘n ligter brand – na smaak)
1 eetlepel soetrissiesous
Plaas al die bestanddele behalwe die hartjies in ‘n veisel en werk dit tot ‘n gladde pasta. Marineer die hartjies vir ten minste een uur daarmee. Verkieslik langer. Ryg die hartjies in op sosatie stokkies en braai oor warm kole vir 5 minute aan elke kant.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






