

TUNA EN AARTAPPEL VISKOEKIES
Foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies tuna goed gedreineer en gevlok
4 medium grootte aartappels gekook en fyn gedruk
1 ui fyngekap
2 eiers geklits
15 ml pietersielie
15 ml sprietuitjies gekap
10 ml aangemaakte mosterd
Sout en peper na smaak
Droë broodkrummels (Ek verkies fyngemaakte graanvlokkies)
Olie vir braai
Meng al die bestanddele behalwe die krummels.
Maak ronde balletjies, druk effens plat.
Rol in die krummels en plaas in yskas vir ten minste halfuur.
Braai in medium hitte olie tot goudbruin.






