

KFC HOENDER IN DIE DRUKKOKER
Ek gebruik southern fry. Kry dit by spar of pick & pay
Doop hoender in eier en rol goed in die southern fry mengsel
Sit olie in druk koker en verhit goed
Verhit jou oond ook vooraf tot op 200ºC
Olie in die pot moet net genoeg wees om hoender amper te bedek. Moenie teveel op ‘n slag doen en die druk koker te vol maak nie.
Waneer olie warm is plaas die hoender in en seel dadelik
Waneer die pot begin stoom 4 min en haal dit dadelik af en sit onder koue water kraad laat die druk vinnig vrygelaat word. Haal hoender dadelik uit.
Plaas die hoender op ‘n draad rak in die oond en bak verder vir so 15 min
Heerlik en sag!!
Onthou net jy werk met olie en pasop vir die oop maak slag
Resep geplaas deur Buks Saaiman
Vrywaring: Hierdie metode is getoets en werk baie goed, maar onthou jy werk met warm olie onder druk, so wees asb uiters versigtig as jy hierdie metode gebruik. Moet nie die pot oopmaak voordat alle druk nie vrygelaat is nie.






