

RONELL SE LEKKER SOUSERIGE SKAAP AFVAL.
Afval moet perfek skoon wees.
Laat le vir n nag in twee koppies witasyn en sout.
2 Afvalle pens en pootjies
600g skaap kookvleis
1kg klein aartappeltjies afgeskil
3 groot uie gekerf
4 eetl. Matige kerrie
3 tlp. Borrie
3 bayleaves
8 peperkorrels
5 naeltjies
Sout en peper
4 eetl. Appelkooskonfyt
4 eetl. Suiker
4 eetl. Suurlemoensap
Pak skoon pootjies en kleingeknipte pens in die pot.
Pak gekerfde uie, naeltjies, peperkorrels, bayleaves bo op uie.
Voeg sout en peper, kerrie, suurlemoensap en so 3 k water by afval.
Sit deksel op en bring tot kookpunt.
laat prut vir 3-4 ure maar hou water dop dit moet nie droogkook.
As die pootjies uitmekaar begin val haal die beentjies uit. As dit heeltemal papsag is voeg die aartappeltjies by.
kook tot aartappels amper sag is.
meng konfyt met borrie en suiker en gooi oor afval. Roer eenkeer.
prut vir 20 min.
as iets kort soos suiker of sout voeg by.
Bedien met rys
FOTO EN RESEP: Ronell Boshoff






