

STOWE BEESVLEIS MET BOTTERSKORSIE EN GEROOMDE SPINASIE
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bees bors skywe (brisket), in kleiner stukke gesny
1 groot ui, opgekap
olyfolie vir braai
baba aartappeltjies, middeldeur gesny
½ koppie droë witwyn
1 koppie kookwater
1 klein bottersskorsie, middeldeur gesny en pitte verwyder
2 eetlepels bruinuiesop poeier in ½ koppie water aangemaak
Braai ui en vleis stukkies tot ui begin verbruin op hoë hitte in stoompot.
Voeg die wyn by en laat weer tot kookpunt kom.
Voeg die kookwater by en rangskik die aartappeltjies en botterskorsie bo-op.
Stowe onder druk vir halfuur.
Laat pot se stoom ontsnap en roer die bruinuiesop poeier in water by.
Laat prut vir 8 min.
Geroomde spinasie
Groot pak jong spinasie blare, afgespoel
1 koppie vars room
3 eetlepels sampioenroomsop poeier
suurlemoensap na smaak
Kook die spinasie blare vinnig op in net die water wat aan die blare vassit na dit gewas is.
Meng intussen die sampioenroomsop by die vars room in voeg suurlemoensap by en roer deur die spinasie sodra al die water weggekook het.
Roer terwyl dit tot by prut kom en bedien warm.






