

SPINASIE EN HAM ROL
600 g gevriesde spinasie (ontvries)
100 g spek
100 g gekerfde ham
50 g Feta
1 groot ui
1 suurlemoen
500 ml room
1 rol bladerdeeg (puff pastry)
1 eier
Kap die uie en spek op in klein blokkies and gooi in pan (met bietjie olie)
Terwyl dit stadig kook, druk al die sous uit die ontdooide spinasie
Wannner uie en spek lekker gebraai is, voeg die gekerfde ham en room by
Rasper ‘n halwe suurlemoen skil daarin en kook tot dikkerig (moenie oor kook nie).
Laat bietjie afkoel
Vat ‘n kwart lemoen se sap en gooi dit oor uitgedrukte spinasie en meng deur.
Gooi spinasie en ham mengsel in ‘n blender (chopper) en maak fyn.
Haal uit die mengsel en gooi in n bak.
Breek feta op in stukkies en roer met die hand in.
Rol deeg oop en sit spinasie en ham mengsel in.
(Ek sit dit so lengte gewys sodat dit lyk soos ‘n wors)
Rol om en gebruik eier om die einde aan mekaar te plak
Rol dit san soos ‘n wors in die rondte (of nes jy wil)
Bak op 160 ºC for 25 minute tot lekker bruin.
Resep en fotos: Kyle Jensen
One thought on “SPINASIE EN HAM ROL”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif