

PAMPOENKOEKIES MET APPEL TWIST
Ek het so bietjie gaar pampoen gehad en wou pampoenkoekies maak, toe probeer ek hierdie en dit is regtig heerlik en ek het 8 koekies gemaak uit my bietjie pampoen.
1 klein wortel opgesny en sag gekook net in water met bietjie sout, druk fyn wanneer gaar.
ongeveer ‘n ¾ koppie gaar soet pampoen (met gemmer in)
halwe klein appeltjie geskil en gerasper
1 eier
ongeveer ½ tot 1 koppie bruismeel om ‘n redelike stywe deeg te maak
Kaneel suiker na smaak
knippie sout
Meng al die bestanddele en bak lepels vol in vlak olie tot gaar.
Pak op kombuispapier om die olie bietjie te absorbeer.
Mens kan dit ook in ’n muffin pannetjie skep en in die oond bak by 180 grade C tot gaar, ongeveer 15-20 min.
Regtig baie lekker…
Foto en resep: Rina Kleinhans







geskuif