

SPINASIE BEEF WELLINGTON
Ek het toe die Beef Wellington gemaak met spinasie. Ek het ‘n hele paar foute gemaak. Room spinasie moes meer verdik gewees het. My puff pastry moes kouer gewees het.
Maar afgesien van die foute het dit lekker gesmaak. Ek sal dit weer oefen en as dit perfek is sal ek die resep post.
1 pak gevriesde spinasie
250 ml room
sout en gemaalde swart peper
1 teelepel fyn knoffel
Ontvries spinasie en druk alle water uit.
Sit in warm pot en voeg room bietjies op ‘n slag by. Verdik met 2 teelepels maizina. (maak seker dis dik genoeg om nie te loop as dit gebak word nie) Laat koud word.
Seël die fillet aan alle kante en laat heeltemal koud word.
Pak repies bacon op cling wrap. Smeer spinasie oor. Sit fillet bo-op en rol op met die cling wrap. Sit in yskas.
Rol puff pastry uit. (dit moet lekker koud wees)
Smeer eierwit op deeg.
Sit opgerolde fillet bo-op en draai toe met deeg. Smeer geklitste eier bo oop. Bak by 180°C vir 30 minute. (Medium rare)
Foto en resep geplaas deur Marlize Williams






