KLEIN KOFFIE VRUGTEKOEKIES VIR KERSFEES
500 g vrugtekoekmengsel
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
½ koppie sjokolade stukkies (Chocolate chips)
1 koppie baie sterk koffie aangemaak (poeier en water saam 250 ml)
Rooi en groen kersies (optioneel)
Plaas die vrugtemengsel in ‘n bak en gooi die koffie oor en laat staan 2 tot 3 ure.
Voorverhit die oond op 170 ºC
Sit in kolwyntjie pan die “cupcakes cases”
In aparte bak, koekmeel, bakpoeier en sout en meng baie goed.
Voeg nou die droe bestanddele by die vrugtekoekmengsel en meng goed, sit die sjokolade stukkies in en meng baie goed deur.
Skep in kolwyntjie “cupcake cases”
Plaas op elkeen 1 kersie in die middel.
Bak vir 25 tot 30 min
12 gewone kolwyntjie of soos ek hier die klein een gebruik het, het ek 21 uit gekry.
Resep en foto: Meisie van der Colff
2de foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: ek het die resep verdubbel en het 27 cupcakes uit gekry
ek het ook 1 koppie rooi kersies fyn gesny en by gevoeg en ook 1 koppie neute fyn gekap en by gevoeg.
Toe hulle uit die oond kom het ek 1 teelepel brandewyn oor elke cupcake gesit!!