

VIS KEDGEREE
1 koppie gekookte rys
1 ui fyn opgekap
2 knoffel huisies opgekap
1 blikkie sardiens, fyn opgekap (behou die sous)
200ml room
3 gekookte eiers, in kwarte gesny
Braai uie tot sag, voeg knoffel by, en braai vir 1 minuut.
Voeg die rys, vissous en room by.
Meng alles saam.
Voeg die vis by, en meng lig.
Plaas die eiers oor, en bedien.
Resep: Rosalyn Kotze
Foto: Cecil Dunhin






