

SAN-MARE SE VLAKOEKIES
250 g botter
3 koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 eiers
8 eetleppels vlapoeier
4 teeleppels bakpoeier
1 teeleppel Karamel geursel (of vanilla)
Room botter en suiker, voeg eiers en geursel by.
Voeg droë bestanddele by.
Knie goed. (Dit is ‘n sagte deeg).
Rol uit of rol balletjies, druk plat met vurk.
Bak by 180°C vir 10-12 minute (Ek het dit 17 minute gebak in my oond).
Laat dit afkoel, dan kan jy dit bêre (Koekie is baie bros as dit uit die oond uit kom).
Vir sjokolade koekies, gebruik dieselfde resep en volg een van die volgende stappe:
Gebruik 4 eetleppels kakao, los die vlapoeier.
Gebruik 4 eetleppels kakao en 4 eetleppels vlapoeier.
Foto en resep geplaas deur San-Mare Joubert Fourie






