

MARIDA SE VANILLAKOEK
My opgejazzde vanilla koek.
6 koppies koekmeel
8 eiers
4 koppies suiker
10 ml sout
1 koppies kookolie
2 koppies melk
10 ml vanilla geursel
4 teelepels bakpoeier
Klits eiers en suiker goed saam. Sif meel en sout by, meng melk en kookolie by dan bakpoeier. Meng goed deur.
Bak by 180 ºC vir 45 min
Ek het twee veerklamp panne van 27cm gebruik.
Daarna my sponse gestroop met simple syrup.
Een koppie water, een koppie suiker en vanilla pod, kook saam, of voeg vanilla gerusel by. Kook tot ‘n stropie, skep oor die koeke terwyl hulle warm is.
Versiersuiker:
500 g botter goed geklits
6 koppies versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Gebruik enige wit sjokolade om koek mooi te versier. Ek het lindt gebruik en wit kit kat en bietjie fudge ook oor gerasper.
Foto: Marida Olivier







geskuif