

KARRINGMELKBESKUIT MET BRUISMEEL
2 eiers
1 koppie suiker (250 ml)
2 koppies karringmelk (500 ml)
1 kg Snowflake bruismeel
1 koppie botter (250 gr)
1 teelepel sout
Meng eiers en suiker saam tot lig en sponserig. Voeg karringmelk by.
Sif die meel en vryf die botter in die meel in.
Voeg by karringmelkmengsel en meng duer.
Vorm balletjies of druk in beskuit panne 2 wat met smeer behandel is.
Bak op 180° C for 50-60 min.
Resep en foto: Catherine Cooks van Aswegen






