

LUCKY DIP – PANNEKOEK POEDING
Onwillekeurig dink ek vanoggend aan my koshuis dae toe ek vir ons “lucky dip” maak, ek weet nie wie dit ken nie, en waar die naam vandaan kom nie, maar dit is wat ons dit in die koshuis genoem het. Regtig baie lekker en die soet bepaal jy met die hoeveelheid kaneelsuiker wat jy opgooi.
Ongeveer 500ml gekoopte of selfgemaakte vla
1-2 piesangs
ongeveer 4 pannekoek opgesny in klein stukkies
kaneelsuiker
Gooi bietjie vla onder in die glas of bakkie, sit ‘n laag van die gesnyde pannekoek bo-op, gooi bietjie kaneelsuiker oor. Weer ‘n laag vla, sny piesang in skywe bo-op en gooi weer ‘n laag pannekoeke en kaneelsuiker. Laaste weer laag vla en versier soos verkies.
Jy kan dit ook in een bak maak en net lagies pak… dis soos die koshuis dit gedoen het 🙂
Geniet dit !!!!
Resep en foto: Rina Kleinhans






