

IDEES MET BRUIN BROOD
Andrieshia Vd Berg Gray
Wat kan ek maak met bruin brood van blue bibbon, behalwe snackwiches asb?
Zelda Ellis
Make a bread salad: Delicious.
https://www.foodloversrecipes.com/2017/11/bread-salad-egg-mayonnaise-dressing/
Make french toast – serve with cottage or feta cheese and fig jam if you have.
Ans Nieuwoudt
Rooster 6 snye brood en maak ‘n holte in elke sny met ‘n glas. Braai 6 viskoekies en plaas in die holte. Maak ‘n lekker sous/smoor van uie, tamatie en spek. Smeer lekker dik en eweredig oor die brood, strooi laastens Mozarella kaas oor en bak tot goudbruin.
Anne Smith
Rol plat, druk in kolwyntjie pannetjies, gooi 1 eier in, bietjie sout en peper en pietersielie met kaas bo-oor en bak vir 15 minute in warm oond.
Melissa Ann Vermeulen
Make breadcrumbs and keep in the freezer.
Jo-Anne Smit
Doop 1 sny in eier. Sit in pan. Sit op kaas en spek wat gaar is. Doop ander sny en sit op. Bak anderkant. Haal uit gooi stroop oor en mmm geniet!
Annelize Du Plessis-Viviers
Smeer die brood, vat ‘n lepel en druk ‘n holte aan die binnekant. Breek ‘n rou eier in, sit tamatie, uie en gerasperde kaas op met sout en peper. Bak in oond tot eier gaar is, baie lekker en min moeite
Marietjie van Niekerk
Sny sirkels vir muffinpan, sit tunavulsel met kaas oor in en bak tot kaas smelt en broodjie effens verkleur….baie lekker.
Daleen Stephens
Maak lasagne met dit – gebruik brood in plaas van noedels.






