

EMS SE VESELRYKE BESKUIT
500 gr margarien
375 ml sagte bruin suiker
2 ekstra groot eiers
500 ml karringmelk
7 x 250 ml bruismeel (1 kg)
15 ml bakpoeier
5 ml sout
4 x 250 ml All Bran vlokkies
625 ml semels
125 ml sonneblom saad, opsioneel
125 ml pitlose rosyne, opsioneel
Smelt die margarien en suiker saam. Laat effens afkoel. Klits die eiers en karringmelk en voeg by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die graanvlokkies, semels, saad en rosyne by.
Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng liggies deur.
Vorm in bolle en plaas in ‘n groot gesmeerde oondpan.
Bak vir 45-50 minute in ‘n voorverhitte oond oond teen 180 ºC, keer uit op ‘n afkoelrak en laat effens afkoel.
Breek oop terwyl nog effens warm en laat verder afkoel.
Droog oornag in ‘n warm laai of vir omtrent 8 uur in ‘n oond teen sowat 70 ºC.
Variasies met beskuit:
Om bestanddele te varieer vir beskuit, is baie opwindend. Die karringmelk kan byvoorbeeld deur suurroom, suurmelk of jogurt vervang word – om nie van kondesmelk te vergeet nie. Met die droë bestanddele voeg ek sommer by wat ek in die huis het. Die rosyne en sonneblomsaad maak dit vir my lekker, maar dit kan ook vervang word met gekapte neute van jou keuse, klapper en enige sade soos anys, papawer of sesamesaad. Die All Bran vlokkies en semels kan ook afgewissel word met volkoringmeel, Muesli of hawermout. Probeer maar speel met die hoeveelhede en maak die beskuit resep dan jou eie! Ek los die semels uit anders is deeg te droog.
Lewer 80 afhangende van grote.
Resep: Ems Mostert Mostert







Ems Mostert Mostert
Dis regtig n treffer Glo nie dit kan flop nie Nog nooit by my geflop nie