

WASGOEDBONDELS
1 kg maer maalvleis
2 t sout
genoeg peper
groot ui. baie fyn gesny
1 t gemengde speserye
1 eetlepel kookolie
1 groot eier
1 E tamatiesous
1 E worcester sous
4 snye brood natgemaak met water en effens droog gedruk
Rol in balletjies en mikrogolf so 4 minute oop. Laat effens afkoel. Sny Puff Pastry OF INDIEN JY PASTRY DEEG BY SUPERMARK KAN KOOP SOOS PICK ‘N PAY BV. Ek rol deeg effens groter oop en sny ongeveer 8 cm blokkies deeg. Sit nou vleis in middel en vou toe, m.a.w. bring 4 punte na mekaar, bo-op frikkadel. Steek halwe tandestokkie bo in dele wat bymekaar kom. Nou kan jy dit vries tot benodig of oornag in yskas los om môre te braai in warm olie net soos ‘n vetkoekie. Dreineer op handdoekrol en strooi aromat bo-op sodra jy die stokkie verwyder het.
Alles is al die vorige dag gemaak, m.a.w. dis ook ‘n koue ete. Niks is vetterig. Die wasgoedbondels is weke vooraf gemaak en ROU gevries en net die dag voor ete in oond gebak.
Foto en resep deur Ronell Visser Gouws






