

ADAM SE GEBAKTE FRANSE ROOSTERBROOD VERRASSING
8 snye brood
1 opgekapte ui
5 eiers
1 blikkie soutvleis (boeliebief)
1 pakkie potato bake
1 koppie melk
baie kaas
(Hoeveelhede hang af van hoe groot jy jou gereg wil maak. Jy kan ook enige ander bestanddele van jou keuse vir ‘n vulsel gebruik)
Braai die uie tot sag in ‘n bietjie olie. Sny die soutvleis in klein blokkies of maak dit fyn en voeg by die uie. Braai vir 2 minute en voeg dan 3 geklitste eiers by. Roer die eiers deur die uie en vleis om sagte roereiers te maak.
Smeer 4 snye brood met botter en pak dit met die botter kante na onder in ‘n oondbak. Meng die potato bake met die melk en 2 eiers en giet bietjie daarvan oor die brood op die bodem van die bak. Skep die soutvleis en eiermengsel oor die brood en bedek dit met die vier oorblywende snye brood. Strooi soveel kaas van jou keuse as wat jy kan bekostig oor die mengsel. Giet die res van die melk en potato bake mengsel oor die boonste brood en bedek met ‘n laag kaas. Laat staan vir 15 minute vir die vloeistof om in die brood in te trek en bak dan vir 30 minute by 200ºC.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.






