

VARKREPIES VIR DIE KOSBLIK
Varkrepies:
400 g varkfilet of lendeskyf in repies gesny
sout en peper
olie
1-2 eetlepels knoffel en gemmerpasta
2 eetlepels sojasous
¼ koppie soet brandrissiesous
Paar druppels vissous
1-2 lemmetjies se sap en skil
250 g vermicelli-rysnoedels
Groente:
250 kool en wortel repies
60 ml elk gekapte sprietuie, vars ment en vars koljander blare
Grondboontjies vir bo-oor sprinkel
Geur die vark vleis met sout en peper.
Roerbraai die vleis in ‘n bietjie olie saam met die knoffel en gemmerpasta tot net gaar. Voeg die sojasous, soetbrandrissiesous, vissous en die lemmetjiesap en skil by. Meng en laat afkoel.
Giet kookwater oor die rysnoedels en hou eenkant tot sag. Dreineer en voeg by die vark repies. Skep in houer en laat afkoel.
Meng die vleis en groente net voor opdiening en sprinkel die grondbone oor.
Ps. Moet nie soos ek maak en 2 suurlemoene se sap by voeg nie. As jy dit oorkom sit net meer soetrissiesous by.
Resep geplaas deur Liezel Van der Merwe
Foto Liezel Van der Merwe







geskuif