

PIESANG WORTELKOEK MET EKSTRA PIESANG
Koeklaag
250 ml suiker
250 ml olie
3 Eiers
400 ml ongesifte koekmeelblom
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes (ek het halwe K ekstra gebruik)
250 ml grofgerasperde geelwortel
125 ml gekapte okkerneute
Voorverhit die oond tot 180C
Smeer 2 laagkoekpanne met ‘n deursnee van 23cm
Verroom die suiker, olie en eiers saam. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, kaneel en koeksoda saam bo-oor en roer dit by die eiermengsel in. Voeg die piesangmoes, wortels en neute by en meng.
Skep die beslag in die panne. Bak dit sowat 25min (ek het dit 30min gebak)
Laat die koek effens afkoel in die panne en keer hulle dan uit om koud te word.
Vulsel en versiersel
110 ml botter by kamertemperatuur
375 mll versiersuiker
100 ml roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Verroom die botter en versiersuiker saam. roer roomkaas en geursel by. Smeer dit as vulsel tussen die koeklae en die res bo-op as versiersel.
Heerlikste wortelkoek wat ek ooit geeet het!!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis






