

TANYA SE FERRERO TERT
Hi foodies đ ek het nou net die tert gemaak ek deel met julle die resep. Ek het die bestanddele as volg aan gemaak , maar as jy ‘n groter of kleiner een wil maak is dit jou keuse hoeveel julle wil gebruik.
20 Ferrero chocolates
1 blikkie caramel treat
1 liter room
1 pakkie tennis beskuit koekies
Klop jou room tot dat dit styf is.
Maak jou caramel treat sag in ‘n bakkie en voeg dit by jou room en vou dit in.
Breek al 20 Ferrero’s los bietjie oor vir die bo-oor strooi.
Pak jou koekies uit in die bak en gooi dan die beslag oor, sprinkel dit met die oorblywende gebreekte Ferrero’s en nog bietjie fyn gedrukte tennisbeskuit koekies
Resep en foto:Â Â Tanya Roos






