

PAMPOEN POFFERS
Geen Sondagmaal is volledig sonde PAMPOEN POFFERS NIE !!
Klits saam:
250 g Floro-bakkie vol klaar gekookte soetpampoen
2 eiers
2 ½ ml sout
Voeg by:
2 koppies bruismeel
15 ml bakpoeier
Bak lepels vol in ‘n pan oor matige hitte (die olie nie te warm nie). Braai albei kante. Dreineer.
Maak stroop:
Kook saam –
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml botter of margarien
Meng omtrent 20 ml maizena (mielieblom) en 1 teelepel vlapoeier met melk, voeg by die stroop plus 1 teelepel vanilla essens. Indien nie lekker dik nie, voeg nog maizena by. *Gooi die warm stroop oor die pampoenkoekies.
Ek het Caramel essence bygevoeg, asook ‘n bietjie kaneel.
Foto en resep geplaas deur Petré Van Jaarsveld






