STAMPMIELIE BRAAIGEREG
250 g spek gekap en liggies gebraai
1 ui, gekap en braai
250 g sampioene, in skywe gesny en braai
2 koppies gaar stampmielies
sout en peper
175 ml room
500 ml mayonnaise
gerasperde Cheddarkaas
Verhit oond 180°C
Smeer oondbak.
Braai alles.
Voeg al die bestandele saam.
Skep in gesmeerde bak.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond 20 min.
Ek het gaar rys en stampmielies gemeng.
Resep geplaas deur Emma Beetge
Foto: Emma Beetge