

KOOL EN KOEJAWELSLAAI
Resep: Amanda Conradie
FOOD LOVERS RECIPES
Slaaisous:
60 ml sesamsade (¼ koppie)
45 ml olie (3 eetlepels)
30 ml rys asyn (2 eetlepels)
30 ml water (2 eetlepels)
skeut Sojasous
3 ml aangemaakte mosterd ((¾ teelepel)
15 ml heuning (1 eetlepel)
Slaai:
½ wit kopkool, in skyfies gesny
1 klein rooi ui, in dun skyfies gesny
2-3 elk koejawels en piesangs, in skywe gesny
handvol gekapte koljanderblare
Vir voorsit:
lemmetjies
ekstra koljanderblare
Braai die sesamsade in ‘n droë pan todat dit net begin verbruin. Skep die helfde uit en hou eenkant.
Voeg die olie by die res en verhit tot warm, giet uit.
Meng die res van die slaaisousbestanddele by die sesame-olie en laat afkoel.
Meng die kool en ui. Voeg die vrugte en koljanderblare by en giet die slaaisous oor.
Skep in ‘n bak en sprinkel sesamsade oor. Rond af met lemmetjies en koljanderblare.






