

MOSSELS 3 MANIERE
Ek het vars mossels gaan pluk hulle goed skoon gemaak, die baard gepluk en toe oop gestoom.
Ek het die eerste 1 net so in crushed ys bedien. Hulle word yskoud en is heerlik sommer net so.
Nr 2 het ek die mossels uit die skulpie uitgehaal en op ‘n stokkie geryg en gebraai oor die kole vir so 10 min met mayonaise en pietersielie gemeng.
Nr 3 het ek Gideon Louw se resepie net so bietjie aangepas en dit was heerlik!!!!!!!!!!!!!!
https://www.foodloversrecipes.com/2014/11/spek-en-mossels-sosaties/
Ek het slegs sy sous gedeelte gebruik van sy resep
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap en ‘n handvol pietersielie
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter (ek het net 60 ml gebruik)
’n halwe koppie room (ek het hierdie uitgelos)
sout en peper
Braai ui en knoffel saam en voeg botter by om te smelt en ‘n handvol fyn pietersielie en sout en peper.
Draai mossels toe in bacon en ryg op ‘n stokkie. Ek het 1 met bacon en dan 1 sonder bacon op geryg.
Braai oor die kole en smeer die sous kort kort oor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






