


MIELIEMEEL KLEINKOEKIES
Sif saam in aparte bak:
190 g Bruismeel
125 g mieliemeel
½ teelepel sout
Klits saam:
180 g botter
180 g suiker
Voeg by:
1 groot eier
1 teelepel vanilla
bietjie bruinsuiker om bo-op te strooi
Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits die botter en suiker baie goed tot lig van kleur.
Voeg die eier en vanilla by en meng goed.
Sif die meel, mieliemeel en sout saam en meng bietjie bietjie by die botter mengsel in. Meng goed.
Skep lepels vol op ‘n voorbereide bakplaat en sprinkel bietjie bruin suiker bo-oor.
Bak vir 12 – 15 min
Resep geplaas deur Rina Kleinhans.
Foto: Rosie Goosen Dalton – Ek het 50 koekies gekry met die half teelepel maatlepeltjie….afgeskraap.
2de Foto: Deolette Scheepers-Malan

Kommentaar Bets Lourens: Ek wil net laat weet dat ek toe vandag met die Maltabella meel gebak het. Ek het die Mieliemeel koekies wat op die blog is gemaak, maar die mieliemeel toe net met maltabella meel vervang.
Foto: Bets Lourens







geskuif