



MEXICAN WEDDING CAKES (GRIEKSE BROSBROOD)
Hulle staan ook bekend as Mexican Wedding cakes of Russian tea cakes. Ek maak hulle elke Kersfees. Baie lekker koekie om ook weg te gee as geskenke. Hy kan met ander neute ook gemaak word, maar die pecan se hoë vet inhoud maak hom lekker.
Maak ongeveer 32 koekies
1/2 koppie (4 oz botter), kamer temperatuur
2 eetl suiker
1 tl vanilla extract
1 koppie pecan stukkies
knippie sout
1 koppie meel, gesif
versiersuiker
Room die botter tot sag. Voeg die suiker by en hou aan met klop tot baie lig in kleur.
Voeg die vanilla en sout by.
In ‘n voedselverwerker blits die pecans en meel saam totdat die pecans fyn is.
Voeg nou die neut mengsel by die bottermengsel.
Maak die mengsel in clingwrap toe en plaas in die yskas vir ten minste 30 min.
Neem twee bakplate en voer met waspapier uit of smeer met botter. Sit op sy.
Neem die deeg en rol in 3/4 tot een duim balletjies ( 2.5 cm)
Plaas op bakplaat en los in die yskas terwyl die stoof warm word.
Sit die stoof aan 300 grade Fahrenheit/ 150 grade Celsius
Bak die koekies tot ‘n ligte goue bruin kleur ongeveer 35 min.
Terwyl die koekies nog warm is rol hulle is gesifde versiersuiker.
Wees versigtig, hulle is nog bietjie broos terwyl hulle warm is.
Sprinkel weer met versiersuiker as hulle koud is.
Stoor in lug digte houer met waspapier tussenin.
Resep geplaas deur Wilanda Räsänen
Foto’s: Wilanda Räsänen






