LIZ SE STAATMAKER BRANDEWYN PANNEKOEK
500 g pakkie bruismeel
500 ml melk
3 eiers
125 ml kookolie
knypie sout
2 sopies brandewyn
Klop alles saam. As dit te dik is, gooi bietjie water by. Bak dadelik, hoef nie te rus. Spuit pan en gebruik so 1 teelepel olie met elke 3de pannekoek. Perfek, ek bak dit al baie jare.
Resep: Liz Terblanche