

MACARONI EN KAAS MET MOSTERD SMAKIE
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
10 ml sout
2-3 liter water
2-3 koppies macaroni
10 ml olie
4 eiers
sout en peper na smaak
2,5 ml aangemaakte mosterd
2,5 ml gedroogte tiemie
2 koppies melk
125-190 ml gerasperde kaas.
Voorverhit die oond tot 160ºC.
Bring sout en water op kookpunt en kook die macaroni 15-20 min. Dreineer en roer olie deur.
Klits die eiers effens. Voeg die smaakmiddels en melk by.
Voeg die gaar macarnoi en kaas by en skep in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Bak 45min tot ‘n mes skoo uitkom.
Nota:
Ek het gebraaide maalvleis by gesit en dit was baie lekker.






