

MACARONI SLAAI
My aangepaste weergawe van die macaroni slaai resep van die challenge
½ pak rou macaroni
1 klein rooi ui, in klein blokkies
½ soetrissie, in klein blokkies
250 g cheddar kaas in klein blokkies
1 koppie mayonnaise
¼ teelepel mosterd poeier
sout en gemaalde swartpeper, na smaak
1 groot handvol grasuie, fyn gekap
Kook die macaroni tot gaar en laat koud word.
Voeg al die ander bestanddele by die koue macaroni en hou in yskas tot benodig.
Foto: Leandri Potgieter







geskuif