


AARTAPPEL EN PREI SOP
(koud of warm bedien)
Maak volgende die dag voor bediening.
3 tot 4 preie (gebruik net die wit gedeelte en sny in blokkies)
150 g botter
50 ml droë wit wyn (opsioneel)
Soteer die preie in die botter tot sag. Gooi net genoeg water oor om die preie toe te maak en kook vir halfuur. *50ml droë wit wyn (opsioneel). Laat afkoel, maak toe en sit in yskas oornag.
Volgende dag:
1 tot 1 ½ aartappels per persoon ( ek gebruik melerige aartappel soos Sifra, Valor, Up-to-date variteit)
Kook en maak fyn en sit 300 g botter by terwyl warm. Roer dan die prei aftreksel wat die vorige dag gemaak is by. Maak warm in mikrogolf of dubbelkoker.
Roer gereeld. Dit sal nou dik wees soos pap. Voeg melk by tot dit die regte dikte is vir jou. Voeg 2 eetlepels groente ekstrak by, roer en laat staan die 3 ure.
Net voor opdiening maak warm as jy die sop warm gaan bedien. Roer 200 ml room by en dien op.
Variasies:
Voeg enige van die volgende by warm sop:
Spek of gerookte ham stukkies
Gerookte hoender stukkies
Salm blokkies
Chorizo wors in dun stukkies opgesny
As koud bedien word Klein blokkies avokadopeer
Resep : Elsabie Templeton






