

SOUT BEESVLEIS OF TONG
(Joodse resep)
Los ‘n ¾ teelepel salpeter (by apteker bekombaar) in ¼ koppie warm water op.
Voeg by:
2 eetlepels bruinsuiker
2 huisies knoffel, gesny
2 teelepels rooipeper (paprika)
1 eetlepel gemengde pekelspeserye (peperkorrel, wonderpeper, naeltjies, ens)
1 koppie sout, opgelos in in 4 pinte (2¼ Liter) water
Strooi die mengsel oor ’n borsstuk (bees) van 5 – 6 pond (2.25 – 2.75 Kg).
(Vir my is die lekkerste snitte vir soutvleis eintlik die stertstuk – “aitchbone” – of die skof, hoewel ’n skof gewoonlik langer gekook moet word om sag te kry).
In ‘n glas of enemel emmer en plaas ’n bord met gewigte op sodat die vleis onder die pekel bly.
Laat so drie weke staan (draai gereeld om).
Resep geplaas deur Heiner Lange






