

ROOI ROOM HOENDER
3 Groterige uie
2 KG Hoender duie, Boudjies en Nek Velletjies
500 Gram heel sampioene
4 groot Aartappels in kwarte gesny of skuiwe gesny
Ek gebruik n ysterpot op die stoof
3 Uie gesny en gebraai tot glaserig.
Skep uie uit en bere in n glas bak.
Plaas hoender in die pot van groot tot klein stukke.
Ek gooi sout, peper en Hoender speserye oor
Geen water in die pot.
Braai kook op a lae hitte. My stoof plaat no 3
Moenie roer vir die eerste uur.
Daarna kan jy maar roer om alles te meng.
As die hoender lyk of dit will begin afkook van die bene
Gooi daai klaar gebraaide uie oor die hoender.
Gooi die aartappels bo op en hou op roer
Nou begin ek Paprika oor gooi om die mengsel te begin rooi maak
Na so 30 minute gooi die heel sampioen by.
Moenie die pot roer nie
Na 30 minute meng ek 2 pakke Dry Cook-in sauce Chicken en Mushroom(Een pak bedoel vir 500 gr hoender)met bietjie koue water en voeg in die pot.
Na 15 minute
Meng 250 ml Vars Room met Parika tot n mooi rooierige kleur
Voeg by In pot en laat prit tot die rys gaar is.
Bedien saam met Bruin rys. Omtrent al die hoender is van die bene af gekook.
Resep en foto: Koos van der Merwe






