

GLUTENVRYE KITSPOEDINGKOEKIES
Ek het sommer vandag lus gehad om te speel toe bak ek hierdie kitspoeding koekies ek dink ek het dit hier op die blad gekry maar ek het net die gluten vrye bruismeel gebruik.
250 g sagte margarien
250 ml suiker
Verroom goed saam en voeg by
2 eiers en klits goed
Voeg nou by
500 g bruismeel (gluten vry)
1 pakkie kitspoeding ek het caramel gebruik
En 1 teel caramel geursel
Knippie sout
Meng goed plaas in yskas tot ferm maak bolletjies en druk plat of rol uit en druk patroon tjies uit. Bak 12min teen 180°C.
Resep en foto: Marie Grobler






