

RIKERT SE PLATBROOD
Resep en foto: Henriette Rossouw
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg meel
600 ml warm water
3 teelepels sout
15 g droë gis
3 eetlepels olyfolie
knoffelpoeier of fyn vars knoffel
Maak ‘n holte in die meel en gooi warm water in.
Voeg res van bestanddele by en meng. Laat rys vir so uur.
Rol deeg dun uit (paar mm) en sny sirkels.
Gooi bietjie botter in pan en braai met deksel op.
As bruin, draai om en braai anderkant.






