CORA SE WORSIE MUFFINS
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
knypie sout
knypie rooipeper
125 ml fyngerasperde chedderkaas
5 ml fyngekapte vars pietersielie
2,5 ml droë gemengde kruie
4 weense worsies, klein gesny
2 ekstra groot eiers
75 ml olie
312 ml melk
Voorverhit die oond tot 180°C.
Lewer 12 groot of 24 klein muffins.
Nou maak jy so:
Sif die meel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
Roer die kaas, pietersielie, gemengde kruie en worsies by.
Klits die eiers, olie en melk saam.
Meng die melkmengsel en meelmengsel liggies saam.
Skep die beslag in muffinpannetjies en bak vir 20 minute.
Resep en Foto: Cora Naude
geskuif