

NICO SE JOGURT EN VLAKOEKIES
Die koekies op die foto is op die vinnige en lui manier gevorm met 2 lepels. Maak joune mooi gevorm soos jy en die kinders verkies:
4 koppies meel
1 koppie suiker
2 eiers
250 g bakmargarien
1/2 koppie vlapoeier
125 ml gewone jogurt
1/2 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
5 ml vanilla geursel
Klits eiers, suiker, margarien, vanilla en jogurt saam tot romerig.
Sif res van droë bestanddele saam en meng by.
Vorm op gespuite bakplaat en bak vir 10 minute teen 180°C.
Foto en resep: Nico Conradie






