

WORTEL BROODJIE
400 g (750 ml) koekmeelblom
12,5 ml fyn kaneel
5ml bakpoeier
5ml koeksoda
2 ml gemaalde gemmer
2 ml sout
500 g (750 ml) grofgerasperde geelwortels
300 g (375 ml) witsuiker
100 g (250 ml) gekapte neute ( opsioneel)
250 ml sonneblomolie
3 eiers
5 ml Vanielje geursel
Sif koekmeelblom, kaneel, bakpoeier, koeksoda, gemmer en sout saam.
Voeg gerasperde wortelbroodjie, suiker en gekapte neute by en meng.
Klits die olie, eiers, en vanieljegeursel saam.
Voeg dit by die wortelmengsel en meng.
Skep beslag in 2 gesmeerde broodpannetjies. Bak broodjies ongeveer ‘n uur lank in n voorverhitte oond by 160°C tot gaar. Laat effens afkoel en keer dan op ‘n draadrak uit om heeltemal koud the word.
Dit vries ook goed
Resep en foto: Sandra Schreuder-de Klerk






